Thursday, May 10, 2012

Pitbull stolen from Kuils River, was found in George


English Translation at the bottom

GEORGE. – ’n Piekniekmandjie met tuisgebakte frikkadelle het gisteroggend hier gewag op ’n geliefde gesinshond wat meer as ’n week gelede onder verdagte omstandighede by haar huis in Kuilsrivier verdwyn het.

Die Roux-gesin het gisteroggend douvoordag van Kuilsrivier gery het om Nikita, ’n Amerikaanse veghondteef, op George te kom haal.

Inspekteurs van die Tuinroete-Dierebeskermingsvereniging (DBV) het Maandag in die agterplaas van ’n huis op Blanco op hul troeteldier beslag gelê.

“Dit was soos ’n dood in my huis,” het Riëtte Roux, ’n werknemer van Distell op Stellenbosch, gister in trane aan Die Burger gesê.

Nikita het twee Sondae gelede uit die Rouxs se agterplaas in Kuilsrivier verdwyn. Sedertdien is ’n grootskaalse veldtog van stapel gestuur om hul lieflinghond op te spoor.

’n Onbekende man het met sy flinke optrede gesorg dat die storie ’n gelukkige einde het. Hy is glo in die Kuilsrivier-gebied deur ’n onbekende jong man genader om Nikita te koop. Hy het egter dadelik die hond herken aan die hand van pamflette wat in die omgewing versprei is.

Die man het die registrasienommer van die vermeende verkoper se wit Toyota Tazz afgeskryf en die inligting oorgedra aan die Lucky Lucy-stigting, wie se nommer op die pamflet verskyn. Werknemers van die stigting kon sodoende ’n adres op Blanco opspoor.

“As dit nie vir hom was nie, het ons nou nog gesoek,” het Roux gesê.

Inspekteurs van die Tuinroete-DBV het Nikita in ’n kleinerige houthok van 1m by 2m in die huis se agterplaas gevind.

“Volgens die jong man se ouma wat tuis was, het hy Nikita ‘verniet’ in die Kaap gekry,” het Salomé Botha, hoofinspekteur, aan Die Burger gesê.

Botha het glo 20 minute lank probeer om die polisie te oortuig om haar na die perseel te vergesel. Sy het die inspeksie uiteindelik met die hulp van ’n kollega, André Baardman, gedoen.

“Ek dink hulle wou dalk met haar teel, sonder die wete dat sy reeds gesteriliseer is,” het Botha gesê.
“Gewoonlik word net Amerikaanse veghondreuns vir hondegevegte gebruik.”

Volgens Botha is ’n saak by die polisie op Kuilsrivier aanhangig gemaak en dit word tans ondersoek.

- Die Burger



English Translation

GEORGE. - Yesterday morning a picnic with homemade meatballs awaited a loved family dog ​​that disappeared more than a week ago under suspicious circumstances from her home in Kuils River.Yesterday morning at dawn, the Roux family of Kuils River drove to George to fetch Nikita, an American Pitbull.

Inspectors of the Garden Route SPCA (SPCA) seized their pet on Monday in the backyard of a house in Blanco, George.

A tearfull Celia Roux, an employee of Distell in Stellenbosch, told Die Burger yesterday, "It was like a death in my house"

Nikita disappeared two Sundays ago from Roux's backyard in Kuils River.
Since then, a large-scale campaign was launched to track their beloved dog.

An unknown man with his quick actions ensured that the story had a happy end. He was approached in the Kuils River area by an unknown young man who tried to sell Nikita.
However, he immediately recognized the dog by means of pamphlets being distributed in the area.

The man reported the registration number of the alleged seller's white Toyota Tazz, to the Lucky Lucy Foundation, whose number appears on the leaflet.
Employees of the foundation thus found an address in Blanco.

"If not for him, we would still be looking," said Roux.

Inspectors of the Garden Route SPCA found Nikita in a small 1m by 2m doghouse in the backyard at the address.

"The young man's grandmother was home, he got Nikita 'free' in the Cape," Salome Botha, chief inspector, told Die Burger.

Botha spent for 20 minutes trying to convince the police to accompany her to the site.
She eventually did the inspection with the assistance of a colleague, Andre Baardman.

"I think maybe they wanted to breed with her, without knowing that she has been sterilized," said Botha.

"Usually only American Pitbulls (males) are used for dog-fighting."

According to Botha the case was reported at the police station in Kuils River, and is being investigated.
- The Burger



KuilsRiver is between Cape Town and Paarl.
Distance from Cape Town to George is approximately 438 km (272 miles)

Nikita sure was a long way from home



No comments:

Post a Comment

Add comments here