Thursday, March 3, 2011

OM IN SLEGTE TYE TE BLY GLO


Wat beteken dit om op God te vertrou? Geloof of vertroue in God beteken om nie een oomblik te twyfel dat Hy Sy beloftes sal hou nie en om daarna uit te sien. (Hebreers 11:1)
 
Soms voel dit dat, juis wanneer ‘n mens God die nodigste het, jy Hom nie hoor nie. Jy bid en dit werk nie; jy soek oplossings by Hom, maar Hy antwoord nie en jy smeek Hom vir iets wat Hy nie gee nie. Sulke tye is geloofsvasbyt-tye. Dis die tye wanneer jy nie moet ophou om na Hom te roep nie; dan moet jy aanhou antwoorde soek in Sy Woord en deur Sy Gees. Dit is wanneer jy Hom blindelings moet vertrou.
 
Dit is wanneer jy soos Robert Schuller moet verklaar: Ek glo in die son – selfs wanneer dit nie skyn nie. Ek glo in die Liefde – selfs wanneer dit nie bewys word nie. Ek glo in God – selfs wanneer Hy nie praat nie.
 
As jy in bewolkte tye steeds Sy lig sien, in afvoeltye jou Liefde aan God bly verklaar en in stomvoeldae on ophoudelik getrou bly ….. dan glo jy werklik. En wanneer jy so glo, gee Hy aan jou hoop. Ewigheidshoop!!!


No comments:

Post a Comment

Add comments here