Thursday, February 3, 2011

Die hart van ‘n vrou.


Wie verstaan die hart van ‘n vrou? Is daar nie tye wat ‘n mens sit en wonder hoe sou dit gewees het as dit anders was nie. Hoekom laat mens toe dat ander jou vertrap? Hoeveel seer moet een mens nog ervaar voor jy dalk net dalk weer gelukkig kan wees?
So baie vrae maar geen antwoorde nie, so baie nagte se trane duidelik op die gesig, gedurig moet jy hoor jou glimlag bereik nie jou oë nie, nou wie se glimlag bereik ooit hulle oë? Hoeveel keer moet ek nog hoor die ware jy skemer deur jou stukkende masker? Tyd vir ‘n nuwe masker?
Hoekom leef mens so afgesonder? Waarom bang, vir wie moet ek bang wees? Waarom die vrees dat ander op jou gesig kan lees dat jy ‘n groter seer dra as wat jy kan hanteer? Skouers hang, gesig raak kleiner, oë raak groter, soms loop ek soos ‘n masjien wat presies weet waarheen, omdat die masjien geprogrameer is, dit is hoekom.
Hoe ontsnap mens uit hierdie kokon wat jy vir jouself gemaak het? Ek voel veilig in my kokon, maar ek besef mens moet uit hierdie kokon kom en baie gou ook, anders gaan ek versmoor.
My hart sal niemand ooit kan verstaan nie, want ek verstaan my eie hart nie.

No comments:

Post a Comment

Add comments here